TOERE IN AFRIKAANS

Afrikaans

Vir ons is dit wonderlik om al hierdie toere en uitstappies in Afrikaans te kan aanbied vir ons Afrikaanssprekende gaste, asook Vlaamse besoekers van België, en natuurlik ook ons besoekers vanuit Nederland. Alhoewel Vlaams, Nederlands en Afrikaans heelwat woorde bevat wat die een vir die ander vreemd klink en onverstaanbaar mag wees, kan ons tog lekker saam gesels, veral na 'n glasie of twee van ons heerlike Kaapse wyn.

Ons het al heelwat vriende gemaak met besoekers uit België en Nederland en heelwat Afrikaanse liedjies saamgesing. Liedjies soos "Bobbejaan klim die berg", "Sarie Marais", "Ry maar aan ossewa" en vele meer. Ons nooi u hartelik uit na Suid Afrika om ons wonderlike sonnige land saam met ons te kom geniet.

Na die einde van u besoek kan u baie nuwe woorde saamneem - woorde soos piesang, knormoer, blatjang, branderplankryer, vonkprop, tronk, sweefspoor en vele meer.

Ons het darem ook al heelwat woorde van ons gaste geleer en verwar soms ons vriende en familie daarmee. Ons sien daarna uit om nog baie, (vele), van u, Suid Afrikaners, Belge en Nederlanders te ontmoet. Tot later.

South Africa Tours and Safaris     

©2003/5 Tour South Africa - African Safaris and Tours  Antares Tours
Top10-Ranking.Com
Search Engine Optimisation 2003/5