Toere in Afrikaans
Vir ons is dit wonderlik om al hierdie toere en uitstappies in Afrikaans te kan aanbied vir ons
Afrikaanssprekende gaste uit Suid Afrika, Vlaamse besoekers uit België en natuurlik ook Nederlandse
besoekers.
Alhoewel Vlaams, Nederlands en Afrikaans heelwat woorde en uitdrukkings bevat wat die
een vir die ander vreemd mag klink, kan ons tog lekker saam gesels – veral na ‘n glasie of twee van ons
heerlike Kaapse wyn.
Ons het al heelwat vriende gemaak met gaste uit Vlaandere en Nederland en dikwels Afrikaanse
liedjies soos “Bobbejaan klim die berg”, “Sarie Marais”, “Die kat kom weer” en vele ander, saam gesing.
Na die einde van u besoek kan u baie nuwe woorde soos : piesang, branderplankryer, vonkprop,
knormoer, prikkelpop en vele meer, saamneem. Van ons gaste het ons weer baie, (vele), woorde
en gesegdes geleer.
Ons nooi u hartelik uit na Suid Afrika om ons wonderlike sonnige land saam met ons te kom geniet.
